Ana səhifə

Notule van die Algemene Jaarvergadering van swd tweekamp wat gehou is op Dinsdag 13 Oktober 2009 om 16: 00 by die African Sky Hotel, Oudtshoorn


Yüklə 103 Kb.
tarix26.06.2016
ölçüsü103 Kb.

Posbus / P.O.Box 194, OUDTSHOORN, 6620. Tel/Fax 044-2722580 e.mail : davesus@mweb.co.za



NOTULE van die Algemene Jaarvergadering van SWD Tweekamp wat gehou is op Dinsdag 13 Oktober 2009 om 16:00 by die African Sky Hotel, Oudtshoorn.

1 Opening en verwelkoming: Die voorsitter, Dave van der Walt, heet alle afgevaardigdes welkom en versoek dat almal aktief sal deelneem aan die besprekings.

2 Presensie: [Sien aangehegde presensielys] Verskonings: H Crouse [Odn-N], L Salzer [LS Out]

3 Finalisering van sakelys:



  • EdenKaroo Multi Sportklub

  • Tekengeregtigdes

  • SWDSC Ledevergadering

4 Goedkeuring van vorige notule: Word voorgehou deur voorsitter en aanvaar en goedgekeur. Voorsteller: Y McKay. Sekondant: Jean du Plessis

5 Sake uit die notule: Geen.

6 Voorsittersverslag - Dave van der Walt: Die voorsitter bied die 2008/9 verslag aan. Van die belangrikste punte waarvan verslag gedoen word, is


  • Die Pad Vorentoe

  • Byeenkomste

  • Ontwikkeling . Die verslag word aanvaar. Voorsteller: Marionet Hattingh. Sekondant: Jean du Plessis.

7 Finansiële verslag – Marionette Hattingh: Die finansiële posisie van SWD Tweekamp lyk goed. Die balans soos op 30 September 2009 is R33128. Die voorsitter noem ook dat daar nog gewag word vir die uitstaande befondsing van 2008/9 wat meer as R20000 kan bedra. Die voorsitter noem ook dat die 2007/8 finansiële state geouditeer is deur Alice le Roux Ing en dat dit as korrek gesertifiseer is. Die finansiële state word as korrek aanvaar. Voorsteller: Mariska Pedersen. Sekondant: Y McKay.
Marionet Hattingh bedank die voorsitter vir sy onvermoeide ywer en passie waarmee hy SWD Tweekamp bevorder. Sy is egter bang dat hy himself oorlaai met werk en meer moet delegeer. Sy spreek oor haar bekommernis uit oor die gebrek aan belangstelling van ouers om op die bestuur te dien. Sy kondig ook aan dat sy vanjaar klaarmaak na 12 jaar in tweekamp. Die voorsitter bedank haar vir haar bydrae tot die uitbou van tweekamp in die SWD en wens haar ‘n goeie rustyd toe.

8 Affiliasie en lisensiering : 2009/10: Daar word eenparig besluit om die status quo te handhaaf. [R100 affiliasie vir skole/klubs en R30 lisensiëring en registrasie vir atlete]

9 Spanbestuurdersverslag : SA Kampioenskappe 2009 - Steven McKay: Dit is ingewerk in die voorsittersverslag. Die voorsitter is egter bekommerd oor die prestasie van atlete by vanjaar se SA Kampioenskappe. Die voorsitter bedank ook vir Steven en Yvonne McKay wat hulle taak as span-bestuurders met soveel passie hanteer.

10 Korrespondensie:



  • Uitnodiging na OP Interprovinsiaal 24 Nov 2009

  • Uitnodiging na GW Interprovinsiaal 17 Nov 2009

  • Nuusbriewe: SA Tweekamp

  • Versoeke vir puntetabelle – voorsitter sal laat maak en dan verkoop aan belangstellendes.

11 Ontwikkeling: Lotto: Die voorsitter het ‘n besigheidsplan opgestel om aan SA Tweekamp voor te lê met die oog op ontwikkeling in die Calitzdorp en Ladismith omgewing. Dit sal behels dat daar op ‘n deurlopende basis ontwikkeling in daardie gebiede gedoen gaan word. Daar gaan op Dinsdae en Donderdae afrigters na daardie gebiede gestuur word. Die koste sal uit die LOTTO-fondse van SA Tweekamp gedek word. Intussen gaan die gewone ontwikkelingsklinieke aan. Die KKVS se kliniek gaan nie volgende jaar aangebied word nie. Daar word besluit om eerder ‘n kliniek in Knysna aan te bied.

12 Biathlo: Daar moet werklik probeer word om biathlon meer te bemark en aan te moedig. Die beplande Oudtshoorn Skolefees 2011 beplan ook om ‘n interskole Biathlo gedurende die wintervakansie aan te bied. SWD Tweekamp bied hulle hulp aan en ondersteun die projek.

13 Website: Beide die SWD Tweekamp en SA Tweekamp se webtuistes word druk besoek. De Waal Swart is tans besig om vir SWD Tweekamp ‘n plaaslike stelsel te ontwikkel waar die uitslae van die ligabyeenkoms dadelik aan alle skole/klubs gestuur kan word. Dit sal ook op die webtuistes geplaas word.

14 SA Kampioenskappe 2010 – Bloemfontein 3/4 April 2010: Dit val weer oor Paasnaweek en daar die akkommodasie en ander reëlings word nou alreeds gedoen.


15 DATUMBEPALINGS 2009/10: [Sien aangehegde lys] Dit word goedgekeur. Daar moet weer met SWD Aquatics onderhandel word sodat datums nie bots nie.


16 Honorarium: Na bespreking word daar aanbeveel dat die status quo va 2008 gehandhaaf word [R3000]. Voorsteller: S McKay. Sekondant: G Pretorius. Algemeen aanvaar.

17 Mosies: Die voorsitter dien ‘n mosie in dat donkerblou ook as ‘n amptelike kleur in die grondwet ingeskryf kan word. Dit gaan die vernuwing van SWD Tweekamp se klere vergemaklik. Goedgekeur. Voorsteller: G Pretorius. Algemeen aanvaar.

18 Aanwys van ouditeure: Die voorsitter versoek dat Alice le Roux Ing weer as die ouditeure aangestel word aangesien hulle plaaslik en billik is. Goedgekeur. Voorsteller: S McKay. Algemeen aanvaar.

19 Nuwe kleure & klere: Die voorsitter lê ‘n voorstel voor oor die nuwe kleure en klere vir SWD Tweekamp. Dit sal oor ‘n tydperk ingevoer word. Annemaries Clothing in George sal die enigste leweransier wees en baie streng kontrole oor die klere sal gehandhaaf word. Word eenparig goedgekeur.

20 EdenKaroo Multi Sportklub: Die voorsitter noem dat baie van ons senior atlete nie aan ‘n klub behoort nie omdat daar nie een naby hulle is nie. Om die probleem te ondervang stel hy voor dat SWD Tweekamp so ‘n klub stig waaraan sulke atlete kan behoort en sodoende tweekamp te bevorder. Eenparig goedgekeur.

21 SWD Sportraad Ledevergadering: Mnre D van der Walt, G McCallum en S McKay word afgevaardig om dit by te woon.

22 Verkiesing van nuwe bestuur vir 2009/10

Voorsitter : D van der Walt

Vise-voorsitters : G McCallum, S McKay en B Barkhuizen

Sekretaris/Tesourier: Y McKay

Verteenwoordiger : Senior klubs : M Roos

Streeksverteenwoordigers : Oudtshoorn [M Pedersen] George [B Barkhuizen], Mosselbaai [Elsabe Fourie], Knysna [L Oliver]

Ontwikkelinsgbeampte : J du Plessis

Keurkomitee : Voorsitter, Vise-voorsitters, sekretaris en spanbestuurder.

22 ALGEMEEN

22.1 Voorsittersverslag: Sal aan alle skole/klubs gestuur word.

22.2 Swemafrigting: Jean du Plessis noem dat hy tweekampswemmers Maandae tussen 14:00 en 15:00 by die NA Smitswembad gratis sal help afrig.

22.3 Tekenregte: Die vergadering keur goed dat die nuwe tekengeregdigdes die volgende persone sal wees:

DJ van der Walt [Voorsitter]

S McKay [Vise-voorsitter]

Y McKay [Sekretaris/Tesourierl

Ten minste twee van die drie tekengeregtigdes moet teken.


Die vergadering verdaag.

Dave van der Walt

Voorsitter

Y Mckay


Sekretaresse


Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©atelim.com 2016
rəhbərliyinə müraciət