Ana səhifə

Centurion kunstefees die vyf en dertigste jaarlikse


Yüklə 0.5 Mb.
səhifə1/7
tarix27.06.2016
ölçüsü0.5 Mb.
  1   2   3   4   5   6   7
CENTURION KUNSTEFEES


DIE VYF EN DERTIGSTE JAARLIKSE

KUNSTEFEES
31 JULIE T0T 5 SEPTEMBER 2015
Sluitingsdatum vir Affiliasies van ateljees, skole en gewone lede: 15 April 2015

Sluitingsdatum vir alle Inskrywings, behalwe Beeldende Kuns: 15 Mei 2015

Sluitingsdatum vir Inskrywings vir Beeldende Kuns: 3 Augustus 2015

INHOUDSOPGAWE
OPSKRIFTE BLADSY
1 VOORWOORD – 2014 3

2 BESTUUR 4

3 GRONDWET

3.1 NAAM 6

3.2 DOELSTELLINGS 6

3.3 TAAL 6

3.4 LIDMAATSKAP 6

3.5 JAARGELD 6

3.6 DIE ALGEMENE VERGADERING 6

3.7 DIE BESTUUR 7

3.8 KOMITEES 7

3.9 FINANSIES 7

3.10 WYSIGING VAN DIE GRONDWET 7

4 ONVERANDERBARE REëLS 8

5 BELANGRIKE INLIGTING 9

6 ALGEMENE BEPALINGS 9

6.1 AFFILIASIE 9

6.2 INSKRYWINGS EN INSKRYWINGSGELDE 10

6.3 DEELNAME 11

6.4 BEOORDELING 11

6.5 TOEKENNINGS 12

6.6 PROGRAMME 12

6.7 KLEREDRAG 12

6.8 WYSIGINGS 12

6.9 PUNTE TOEKENNING 12

7 LYS VAN MEDALJEWENNERS 2014 13

AFDELINGS

BEELDENDE KUNS AFDELING:

8 BEELDENDE KUNS 18

9 FOTOGRAFIE 22

AFRIKAANSE DRAMA AFDELING:

10 DRAMA 23

11 OPENBARE REDEVOERING 32

12 WOORDSPEL 33

ENGLISH DRAMA CATEGORY:

13 ENGLISH DRAMA 35

14 SPELL CHECK 39

INSTRUMENTALE AFDELING:

15 KLASSIEKE MUSIEK 41

16 LIGTE MUSIEK 52

VOKALE AFDELING:

17 VOKAAL 55

18 KOORSANG 61

19 SANGSPELETJIES 63

20 REVUE 64


1. VOORWOORD 2015
Liewe Vriende van Centurion Kunstefees

2014 lê op sy rug! ‘n Hele kwartaal gevul met baie uiteenlopende kultuuraktiwiteite is verby, en as ek terugkyk, is my hart groot van trots oor die wonderliketalent onder ons mense! Dit voel vir my of daar elke jaar net meer en beter talente ontdek en ontwikkel is – Kamers vol talente!


Verby is die dae wat daar heelwat brons sertifikate uitgegee word. Die silwer word dan nou ook dan ook nou dikwels met goud sowel as met rooi of blou linte vervang. Met ander woorde, die standaard raak net hoër en beter!Baie geluk, dus, met julle deelnemers. Ons is so trots op julle! Baie dankie vir julle volgehoue harde werk as ook vir die feit dat julle jul talente met ons deel. Ek is baie bewus van die feit dat julle baie keer ’n pouse-broodjie opoffer om weer jou liedjie te oefen of die lekker LO periode moet vervang deur jou monoloog nog ’n keer deur te gaan. Ons salueer julle vir die opofferings! Sonder deelnemers van julle formaat, kan daar nie ’n geslaagde kunstefees wees nie.
Ons spog weer hierdie jaar met besondere beoordelaars. Hulle was opbouend en positief in hulle kritiek en het waardevolle wenke aan die deelnemers gegee. Hulle aangename hantering van die deelnemers en almal op hulle gemak laat voel. Ek het ook baie positiewe terugvoering gekry van die ouers van deelnemers. Ons het dus geen ernstige klagtes ontvang nie. Baie dankie aan die beoordelaars van 2014. Ons sal beslis weer van julle dienste gebruik maak in die toekoms.
Ek het werklik net lof vir die meerderheid van ons deelnemers se ouers. Julle ondersteun hulle wonderlik. Baie dankie vir julle begrip en vriendelikheid as ’n program bietjie agter raak. Soms gebeur dit en julle geduld word hoog op prys gestel.
Ons afrigters is fenominale persone! Meestal is dit liefdeswerk sonder vergoeding. Julle is die mense wat pouses ’n welverdiende koppie tee prysgee ter wille van die leerders. Baie dankie en baie geluk. Aan ons ateljees: Baie dankie vir julle harde werk. Julle stuur sterre kunstefees toe.
Dsan is daar ons bestuur. Sjoe, julle is ’n ongelooflike groep mense!! Elke jaar raak ons soos familie. Julle doen julle werk met grasie en oorgawe en ’n mens hoor julle nooit kla nie – julle loop beslis die ekstra myl. Ek glo julle moet ook gereeld vure by die huis en werk doodslaan. ’n Dag het immers net sóveel ure! ’n Spesiale woord van dank aan Marietjie Bos, ons nuwe sekretaresse-tesourier, wat al die administrasie, affiliasie, inskrywings, finansies ensovoorts, vir ons hanteer. Nie net dankie vir wát jy doen nie, maar vir hoé jy dit doen! Ek dink jy ontlont menige ‘kwaii humeur’met jou kalm, vriendelike,dog ferm optrede. Jy maak dus die las van die departementshoofde baie ligter. Baie, baie dankie!
Laaste maar beslis nie die minste nie,,,,baie dankie aan ons Hemelse Vader! Hy wat talente gee, wat deernis en geduld aan afrigters gee. Hy wat kalmte gee aan ons bestuurslede en hy wat ons daagliks seën met die keur van Sy seën. Ons doen dit alles tot U eer!

Aangesien hierdie my laaste voorwoord vir Centurion Kunstefees is, wil ek graag baie dankie sê vir die lojale toewyding van my bestuurslede as ook vir die voorreg om vir ± 15 jaar voorsitter te kon wees van so ‘, formidabele vereniging. Dit was vir my ’n baie groot eer!!


Ek bid u ’n fantastiese 2015 toe!
Kultuurgroete

Lida Mudde

VOORSITTER

2. BESTUUR 2015
Voorsitter Mev T Cilliers (012) 653-4140(H)

(012) 653-4187 (W)

(012) 653-4129(Faks)

tersia@llaerskoolbakenkop.co.za

O/Voorsitter Me A Snyman (012) 643-1224 (H)

(012) 664-5798/9 (W)

(012) 664-2155 (Faks)

082 670 1169 (Sms)

amandasn@absamail.co.za

Sekretaris/Tesourier Mev M Bos 081 547 8864 (Amptelike sel)

086 679 9769 (Faks)

admin@centurionkunstefees.co.za

AFDELINGSHOOFDE

VOKAAL

Alle afdelings Mev L Mudde (012) 654-4308 (W)

(012) 654-1663 (Faks)

ontvangs@laerskoolhennopspark.co.za



DRAMA

Laerskole Gr R - 3 Me M Pretorius (012)  653 4187 ((W)

En groepe rissie2@vodamail.co.za
Laerskole Gr 4 - 7 Mev T Cilliers (012) 653-4140 (H)

(012) 653-4187 (W)

(012) 653-4129 (Faks)

tersia@laerskoolbakenkop.co.za

Hoërskole Mnr P Alberts (012) 653-3909 (H)

(012) 654-3350 (W)

albertspwa@telkomsa.net

REDEVOERING

Alle Afdelings Mej A Snyman (012) 643-1224 (H)

(012) 664-5798/9 (W)

(012) 664-2155 (Faks)

082 670 1169 (Sms)

amandasn@absamail.co.za


WOORDSPEL/SPELL CHECK

Alle Afdelings Mev C Smit 072 482 2771 (Sms)

(012) 651 5232 (Faks)

Carol.love@gmail.com


ENGLISH DRAMA Mev M Bos 081 547 8864

admin@centurionkunstefees.co.za

Mev C Smit 072 482 2771 (Sms)


INSTRUMENTAAL Mev E Brand (012) 347-6814 (H)

(012) 664-5803 (W)

(012) 664-7969 (Faks)

BEELDENDE KUNS

Alle afdelings Mev S Erasmus (012) 654-3701 (H)

(012) 654-7891 (Faks)

sc.erasmus@gmail.com



MOET ASB NIE ’N BESTUURSLID NA DIE SELFOON SKAKEL NIE. MEESTE VAN ONS HOU SKOOL EN KAN NIE GEDURENDE SKOOLURE ’N OPROEP BEANTWOORD NIE. STUUR ’N SMS ASSEBLIEF. AL DIE NODIGE INLIGTING IS DAN OP SKRIF EN MAKLIK OM TE BEANTWOORD. DIT IS OOK SOMS MAKLIKER OM ’N SMS EERDER AS ’N OPROEP TE ANTWOORD. ONS WAARDEER U SAMEWERKING.

3. GRONDWET
3.1 NAAM

CENTURION KUNSTEFEES


3.2 DOELSTELLINGS

Die Centurion Kunstefees stel hom ten doel om die uitvoerende- en beeldende kunste te bevorder deur die kunstefees te organiseer en kunstenaars die geleentheid tot openbare optrede te bied.


3.3 TAAL

Die amptelike taal van die Centurion Kunstefees is Afrikaans.


3.4 LIDMAATSKAP

3.4.1 Lidmaatskap word oopgestel vir:

3.4.1.1 Alle persone wat bostaande doelstellings onderskryf en onderneem om dit te help bevorder.

3.4.1.2 Alle liggame en organisasies soos skole, kore, ateljees, musiek-, drama-, en sangverenigings wat die doelstellings van die Centurion Kunstefees onderskryf en onderneem om dit te help bevorder.

3.4.2 Die Centurion Kunstefees kan op sy jaarvergaderings beskermhere en erelede benoem.

3.4.3 Donateurs, beskermhere en erelede het dieselfde regte as gewone lede, met die uitsondering van stemreg.

3.4.4 Wanneer die jaargeld meer as een kalenderjaar agterstallig is, verval lidmaatskap outomaties.
3.5 JAARGELD/AFFILIASIE
3.5.1 Klein Lidmaatskap – R250.00 (‘n Persoon wat ‘n leerling/leerlinge afrig sonder vergoeding. Slegs 10 inskrywings is toelaatbaar.)

3.5.2 Medium Lidmaatskap – R350.00 bv. skole en ateljees.(Drie inskrywings per item toelaatbaar)

3.5.3 Groot lidmaatskap – R700.00 bv. skole en ateljees (6 inskrywings per item toelaatbaar)

3.5.3 Jaargeld vir affiliasie is jaarliks betaalbaar voor of op 15 April 2015.



(Laat affiliasie sal met R100 beboet word)

3.5.4 Jaargeld sal van tyd tot tyd na goeddunke van die bestuur, aangepas word.


3.6 DIE ALGEMENE VERGADERING

Die hoogste gesag in sake die Centurion Kunstefees berus by die algemene jaarvergadering waarop alleen bona-fide lede van die Centurion Kunstefees sitting het. Hierdie algemene jaarvergadering word een maal per jaar, hoogstens twee maande na afloop van die Centurion Kunstefees, gehou. Op skriftelike versoek van minstens vyf lede van die Centurion Kunstefees is die Bestuur verplig om ‘n buitengewone algemene vergadering te belê. Die magte en pligte van die algemene vergadering is o.a.:

3.6.1 Die bepaling van die beleid van Centurion Kunstefees en die opstel van die algemene bepalings vir die leiding van die Bestuur en komitees.

3.6.2 Die verkiesing van die Bestuur.

3.6.3 Die bespreking of goedkeuring (of andersins) van die Bestuur se jaarverslag.

3.7 DIE BESTUUR


3.7.1 Die algemene jaarvergadering dra vir die lopende kunstefeesjaar sy magte en pligte oor aan die Bestuur, met dien verstande dat Bestuursbesluite by die daaropvolgende algemene jaarvergadering of by ’n buitengewone vergadering ongedaan gemaak kan word.

3.7.2 Die Bestuur bestaan tans uit ‘n Voorsitter, Ondervoorsitter, Sekretaris/Tesourier, en afdelingshoofde, maar kan verander word na gelang van omstandighede.


3.7.2.1 Die Sekretaris/Tesourier is die Hoof Uitvoerende Beampte van die Centurion Kunstefees en sal sodanige pligte en funksies vervul soos wat deur die Bestuur aan die bekleër opgedra word.

3.7.2.2 Die Sekretaris/Tesourier sal maandeliks vergoed word met ‘n basiese bedrag wat jaarliks deur die Bestuur vasgestel word. Daarbenewens sal die persoon vergoed word vir ander kostes aangegaan, soos vervoer, telefoon, seëls, tikwerk, ens.

3.7.2.3 In dringende gevalle kan die Voorsitter, Ondervoorsitter en Sekretaris/Tesourier van die Centurion Kunstefees optree as dagbestuur waarvan die besluite geldig is, onderhewig aan latere bekragtiging deur die Bestuur.
3.8 DIE KOMITEES
3.8.1 Die Bestuur dra sy magte en pligte in sake die opstelling en uitvoering van die Centurion Kunstefeesprogram aan komitees van die verskillende afdelings oor.

3.8.2 Op hierdie komitees, waarvan die Bestuur na gelang van omstandighede ‘n Voorsitter en/of ’n Ondervoorsitter en lede benoem, sal die Voorsitter en Sekretaris/Tesourier van die Centurion Kunstefees ex officio sitting hê en hulle sal in kennis gestel word van elke vergadering.

3.8.3 Voorstelle, aanbevelings, ens., van die komitees moet aan die Bestuur voorgelê word.
3.9 FINANSIES

3.9.1 Die boeke, rekenings, ens., van die Centurion Kunstefees moet voor die algemene jaarvergadering nagesien word deur ‘n persoon wat deur die Bestuur benoem is. Die persoon sal dan ‘n finansiële verslag opstel wat in die jaarverslag van die Bestuur opgeneem sal word.

3.9.2 Die Sekretaris/Tesourier is verantwoordelik vir alle gelde wat ontvang of uitbetaal word. Uitbetalings geskied elektronies deur die Sekretaris/Tesourier en onderteken waar nodig deur die Voorsitter.

3.9.3 Die Centurion Kunstefees sal hom beywer om ‘n reserwefonds op te bou wat na goeddunke van die Bestuur aangewend kan word ter bevordering van die kunste.


3.10 WYSIGING VAN DIE GRONDWET

Hierdie grondwet kan alleen deur ‘n meerderheidstem op ‘n algemene jaar-vergadering van lede gewysig word, op voorwaarde dat lede tesame met hul kennisgewing van die vergadering, ook kennis kry van die voorgenome wysiging wat by wyse van ‘n mosie deur enige lid by die Bestuur ingedien kan word.



4. ONVERANDERBARE REëLS
4.1 Geen deelnemer mag buite sy/haar afdeling waarin hy/sy ingeskryf is, deelneem nie.

4.2 Geen vervanging van deelnemers of foutiewe spelling van name word by die beoordelaarstafel gedoen nie. Dit moet vooraf met die Sekretaris gereël word teen die datum soos deur haar bepaal. Geen naam mag deur afrigters op deelnemerskaartjies vervang word nie.

4.3 Geen sertifikate word uitgedeel voordat repliek gelewer is nie. Indien dit ’n baie groot afdeling is, kan dit verander.

4.4 Indien ‘n deelnemer sy/haar tydsbeperking oorskry, sal so ’n deelnemer met ‘n simbool gepenaliseer word.

4.5 Geen verandering en verskuiwings van items sal (bv. a.g.v. skooltoere of ander verpligtinge) gedoen word nie. Indien ’n deelnemer verkeerdelik ingeskryf is, sal dit nie reggestel word nadat die program uitgewerk is nie.

4.6 Geen deelnemer sal toegelaat word om sonder voorafraadpleging buite ‘n kategorie deel te neem nie. Indien ’n item nie op die gegewe tyd gelewer kan word nie, sal die afdelingshoof indien moontlik ’n tyd en datum reël wat die beoordeelaar pas. Indien daar nie ’n tyd gereël kan word nie, kan Centurion Kunstefees nie verantwoordelik gehou word om die betrokke deelnemer optreegeleentheid te gee nie.

LW: Hierdie vergunning is nie van toepassing by die vokale afdeling nie, aangesien daar verskillende beoordelaars vir verskillende items is. Daar kan egter betyds met die afdelingshoof gereël word vir ’n alternatiewe tyd voor of na ’n sessie! Alle versoeke sal op meriete hanteer word.

4.7 Geen kunswerke van kandidate wie se name nie op die oorspronklike naamlyste verskyn nie, sal beoordeel word nie. Name moet asseblief vasgekram word.

4.8 Kansellasies moet verkieslik voor die bepaalde datum, per faks, epos of sms aan die Sekretaris besorg word. Geen telefoniese kansellasies word aanvaar nie.

4.9 ’n Bewys van inbetalingstrokies moet na 086 679 9769 gefaks, of per epos gestuur word na centurionkunstefees@gmail.com

4.10 Sertifikate word aan afdelingwenners gegee mits die leerling ‘n A+ / A++ behaal het. Hou in gedagte dat afdelingwenners nie noodwendig trofeewenners is nie. Daar mag nie net 1 (een) deelnemer wees nie.

4.11 Punte word met ’n pen op die deelnemer se repliekvorms asook op die state geskryf, ongeag die simbool wat aan die deelnemer toegeken word.

4.12 Om ’n trofeewenner te wees, moet ten minste ’n A+ / A++ verwerf word.

4.13 Geen vuil- of krutaal mag in items gebruik word nie. Leerlinge wat kru- of vuiltaal gebruik as deel van ’n item stel sy/haar skool of ateljee daaraan bloot om deur die bestuur daaroor gekonfronteer te word.

4.14 By Beeldende Kuns en Fotografie Afdelings word die Spesiale Toekennings Sertifikaat nie net aan die Afdelingswenners toegeken nie. Dit dien ook as ’n Aanmoedigings Sertifikaat vir leerlinge wat besondere werk gelewer het en word tydens die openingsaand oorhandig. Hierdie vergunning is aan die Beeldende Kuns afdeling toegestaan omdat die geleentheid die enigste een is waar die leerders in die teenwoordigheid van hul maats en ouers terugvoer kry oor inskrywings in die algemeen.

5. BELANGRIKE INLIGTING
5.1 Handleidings is per epos by die Sekretaris verkrygbaar.

5.2 Vanaf 2015 kan u elektronies inskryf. Teken aan en registreer by



www.centurionkunstefees.co.za
Skakel gerus met die sekretaresse indien u enige vrae het
5.3 SLUITINGSDATUMS:
5.3.1 Affiliasies sluit 15 April 2015.

5.3.2 ALLE inskrywings, behalwe Beeldende Kuns, sluit Vrydag, 15 Mei 2015.

Sorg asb. dat u die inskrywings betyds inhandig.

5.3.3 Sluitingsdatum vir Beeldende Kuns is Maandag, 3 Augustus 2015.

Die kunswerke moet by die Centurion Kunsgallery ingehandig word voor 16:00. Die beoordeling van die Beeldende Kuns vind gedurende die 1ste en 2e week van Augustus plaas. Die opening van die uitstalling vind plaas om 18:00 vir 18:30 op Donderdag, 13 Augustus 2015.
5.4 GEEN LAAT INSKRYWINGS WORD AANVAAR NIE. Op die nuwe stelsel sal u glad nie

kan inskryf na die sluitingsdatum nie!


5.5 ʼn Deelnemer se graad en ouderdom word bepaal soos op 1 Januarie 2015.
5.6 Inskrywingsgeld moet direk of elektronies in die rekening inbetaal word. Die bewys van betaling moet die inskrywings vergesel.

GEEN KONTANT NIE ASB.
5.7 Tjeks word uitgemaak aan : CENTURION KUNSTEFEES.

INDIEN ‘N ELEKTRONIESE INBETALING GEMAAK WORD, FAKS OF EPOS ASB ‘N AFSKRIF VAN DIE BEWYS. INSKRYWINGS WORD SLEGS ELEKTRONIES GEFINALISEER INDIEN BETALING ONTVANG IS.
Bankbesonderhede :

ABSA Lyttelton : Takkode 335045

Rekeningnaam : Centurion Kunstefees

Rekeningnommer : 600910701


5.8 Rig alle korrespondensie aan:

Die Sekretaris/Tesourier:



admin@centurionkunstefees.co.za

086 679 9769 Faks

Meld asb u skool of ateljee se naam as verwysing.
6. ALGEMENE BEPALINGS
6.1 AFFILIASIE

6.1.1 Alle liggame, organisasies en persone wat van voorneme is om vir die fees in te skryf, moet geaffilieer wees, m.a.w. hulle moet lede wees.

6.1.2 Sodra ‘n privaatafrigter 10 of meer inskrywings doen, word hy/sy as ‘n ateljee beskou en geld dieselfde voorwaardes soos vir ’n ateljee.

6.1.3 Geen aansoek om affiliasie sal oorweeg word tensy die volgende besonderhede verstrek is nie:

6.1.3.1 Naam van persoon of instansie wat wil affilieer.

6.1.3.2 Epos besonderhede waarheen inligting gestuur moet word.

In die geval van instansies, ook die naam van die betrokke persoon aan wie

korrespondensie gerig moet word.

6.1.3.3 Telefoonnommer, faksnommer en selfoonnommer.

6.1.3.4 Aard van affiliasie, bv. Klein, medium, groot.

6.1.4 Vir kontroledoeleindes sal die volgende kodes gebruik word:

A - Ateljees, bv. A1, A2, ens.

H - Hoërskole, d.w.s. leerlinge van Gr 8 - 12

L - Laerskole en kleuterskole, d.w.s. leerlinge van Gr R - 7

G - Gewone lede

6.1.5 Elke geaffilieerde lid ontvang ‘n handleiding per epos sodra affiliasie betaal is.


6.2 INSKRYWINGS EN INSKRYWINGSGELDE

Slegs die amptelik gedrukte inskrywingsvorm/ elektroniese inskrywing van die Centurion Kunstefees is aanvaarbaar. Al die besonderhede op elke inskrywingsvorm moet ingevul word.



Sien hoofstuk 5 vir kontakbesonderhede.

INDIEN INSKRYWINGSGELDE ELEKTRONIES OORBETAAL WORD, MOET ‘N AFSKRIF VAN DIE STROKIE GEFAKS OF PER EPOS GESTUUR WORD NA DIE SEKRETARIS VOORDAT ENIGE INSKRYWINGS AANVAAR SAL WORD. SIEN HOOFSTUK 5 VIR BANKBESONDERHEDE.
Indien u skriftelik inskryf, let op die volgende:


  • GEEN VERSKUIWINGS VAN ITEMS SAL PLAASVIND NADAT DIE PROGRAM GEFINALISEER IS NIE.

  • JUNIOR- EN SENIORAFDELINGS MOET ASB. OP AFSONDERLIKE INSKRYWINGSVORMS INGEVUL WORD.

  • INSKRYWINGS VIR DIE LIGTE MUSIEKAFDELING MOET OP AFSONDERLIKE INSKRYWINGSVORMS INGEVUL WORD.

  • ALLE INSKRYWINGS VIR DIE VOKALE AFDELING MOET ASB. OP EEN VORM INGEVUL WORD.

  • VIR DIE INSTRUMENTALE AFDELING MOET DIE SENIOR-, JUNIOR- EN LIGTE MUSIEKAFDELINGS OP APARTE VORMS INGEVUL WORD.

6.2.1 Aantal inskrywings en individuele items


KLEIN LID - nie meer as 10 inskrywings IN TOTAAL nie.

MEDIUM LID - nie meer as 3 inskrywings per item nie.

GROOT LID – nie meer as 6 inskrywings per item nie

BOGENOEMDE GELD VIR ALLE AFDELINGS, nie vir die Instrumentale- of Beeldende Kuns afdelings nie.
6.2.2 Groepitems
Laerskole – nie meer as 3 inskrywings per item nie.

Hoërskole - nie meer as 2 inskrywings per item nie.

Ateljees - nie meer as 2 inskrywings per item nie.
6.2.3 Slegs leerlinge of studente wat aan ‘n betrokke inrigting studeer, mag onder daardie inrigting se affiliasienommer ingeskryf word.

6.2.4 Leerlinge wat deur ‘n ateljee afgerig word, mag deur die betrokke ateljee óf sy skool ingeskryf word, maar nie deur albei nie.


6.2.5 Inskrywingsgelde 2015:

Beeldende Kuns, Alle individuele items, poppekas R 60.00

Duo’s, duette, trio’s, konsertprogram, samespraak R 90.00

Eie komposisie by sang en klavier R 90.00

Groepspoësie, kore, spreekkoor, eksperimentele werk R200.00

Revues & sangspeletjies (2 beoordelaars) R320.00

Tonele R400.00
6.2.6 Inskrywingsgelde moet betaal wees voordat inskrywings gefinaliseer word. Stuur bewys van betaling aan: admin@centurionkunstefees.co.za. Dit kan ook per faks gestuur word na 086 679 9769.
6.2.7 Alle inskrywingsgelde moet direk of elektronies betaal en uitgemaak word aan: CENTURION KUNSTEFEES.
6.2.8 Inskrywingsgelde word nie terugbetaal nie, behalwe as die wedstryd nie plaasvind nie.
6.2.9 Die Bestuur het die reg om enige inskrywing te diskwalifiseer.

LET WEL: Sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Mei 2015 om 16:00 en dié vir Beeldende Kuns Maandag, 3 Augustus 2015 om 16:00. Die kunswerke moet vanaf 14:00 by die Centurion Kunsgallery ingehandig word.
NB.: GEEN VERSKUIWING VAN EEN ITEM NA ‘N ANDER ITEM SAL PLAASVIND NADAT DIE PROGRAM GEFINALISEER IS NIE.
NB.: GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD NIE.
6.3 DEELNAME
6.3.1 Geen deelnemer mag vir twee agtereenvolgende jare dieselfde werk in dieselfde item lewer nie.

6.3.2 Leerlinge mag nie onder meer as een graad deelneem nie. Groepitems uitgesluit.

6.3.3 Deelnemers mag slegs een maal aan ‘n bepaalde item deelneem.

6.3.4 Geen deelnemer mag, waar daar ouderdomsbepalings is, onder meer as een ouderdomsgroep of graad inskryf nie.

6.3.5 Deelnemers moet asb. betyds wees vir optrede. Sorg dat u 30 minute vóór die tyd gereed is. Deelnemers moet dan gereed en bereid wees om op te tree. Indien nie, word hul as nie-deelnemend beskou.

6.3.6 Deelnemers wat nie betyds is nie, mag gediskwalifiseer word.

6.3.7 Tydsbeperkings mag nie oorskry word nie. 30 sekondes grasie word gegee by alle drama items. Daarna word die deelnemer gepenaliseer met ’n simbool.

6.3.8 Ouderdom soos op 1 Januarie 2015 is van toepassing.

6.4 BEOORDELING

6.4.1 Die beslissing van die beoordelaar in alle wedstryde is finaal en geen deelnemer of belanghebbende persoon mag deur woord of daad die beslissing van die beoordelaar beïnvloed nie.



GEEN bespreking mag dus met ‘n beoordelaar gevoer word nie. Dit kan tot die1diskwalifisering van ‘n kandidaat lei.

6.4.2 Punte word vanaf C tot A++ in pen ingevul. Die simboolwaardes is:

90% tot 100% - Goue Seël met rooi lint : A++

85% tot 89% - Goue Seël met blou lint : A+

80% tot 84% - Goue Seël : A

75% tot 79% - Silwer Seël : B+

70% tot 74% - Silwer Seël : B

60% tot 69% - Rooi Seël : C


6.4.3 As die werk na die beoordelaar se mening van ‘n swak gehalte is, mag hy/sy weier om enige toekenning te maak.
6.4.4 ’n Gratis beoordelaarsrapport kan slegs ná afloop van die bepaalde wedstryd aan elke deelnemer oorhandig word.
6.4.5 Bladmusiek van eie keuse werke wat aangebied word, moet slegs deur ’n leerling of deelnemer by die beoordelaarstafel ingehandig en gehaal word.
6.4.6 Fotokopiëring van alle gedrukte materiaal is ‘n oortreding van die wet op outeursreg. Indien u enige fotokopieë inhandig vir beoordeling, sal die Centurion Kunstefees nie verantwoordelik wees vir die oortreding nie, maar die deelnemer of afrigter self.
6.5 TOEKENNINGS

6.5.1 ‘n Sertifikaat met rooi lint is ontwerp om as hoogste toekenning van die Centurion Kunstefees te dien. Die sertifikaat sal toegeken word aan deelnemers wat, volgens die beoordelaars, ‘n hoë standaard behaal.

6.5.2 Sertifikate sal so gou moontlik na afloop van die Kunstefees beskikbaar wees.

6.5.3 Wisseltrofees en medaljetrofees word toegeken en oorhandig tydens Gala Aand.

6.5.4 Geen deelnemer se naam of van sal op die sertifikaat verander word nie, tensy ‘n afskrif van die inskrywingsvorm waarop die deelnemer se naam korrek gespel is, getoon kan word. Kontroleer asb. alle deelnemerkaartjies sodat foute betyds deur die Sekretaris reggestel kan word. Afrigters mag nie name op deelnemerkaartjies verander nie.
6.6 PROGRAMME

Programme vir die wedstryde sal so spoedig moontlik ná die sluitingsdatum vir inskrywings opgestel en aan alle belanghebbendes per epos of faks gestuur word. Indien programme nie teen 1 Julie 2015 ontvang is nie, is dit u verantwoordelikheid om navraag te doen.


6.7 KLEREDRAG

Skooldrag is opsioneel. Swart dramadrag by drama of skoolklere. By die Drama-afdeling sal geen heupbroeke (“hipsters”) toegelaat word nie.


6.8 WYSIGINGS

Die voorafgaande is die breë beplanning van die organisasie van die Centurion Kunstefees vir hierdie jaar. Waar omstandighede dit vereis, het die Bestuur die reg om veranderings aan te bring. Sulke wysigings, asook alle verdere reëlings, sal met verloop van tyd aan alle belanghebbendes per epos bekend gemaak word.


6.9. PUNTETOEKENNING

SERTIFIKAAT MET ROOI LINT A++ - 10

SERTIFIKAAT MET BLOU LINT A+ - 8

SERTIFIKAAT MET GOUE SeëL A - 5

SERTIFIKAAT MET SILWER SeëL B+ - 4

B - 3


SERTIFIKAAT MET ROOI SEëL C+ - 2

C - 1


6.9.1 Indien gelyke punte/simbole behaal is by ‘n A++ of A+ word daar gekyk na die % deur die beoordelaar van die afdeling gegee, om ‘n wenner te bepaal. ‘n Instansie moet ten minste 20 inskrywings hê om in aanmerking te kom vir enige trofee wat aan ‘n instansie toegeken word.
6.9.2 Leerlinge mag vir elke afdeling inskryf, maar slegs die vyf beste punte word in aanmerking geneem om te kwalifiseer vir die beste individuele leerling in die Laer- en Hoërskool.

6.9.3 LET WEL : Daar word na die puntetoekenning volgens die 1-10 skaal gekyk. Indien 2 leerlinge dieselfde groottotaal het, word daar na persentasie gekyk.


7. LYS VAN MEDALJE/TROFEE WENNERS 2014
BEELDENDE KUNS
  1   2   3   4   5   6   7


Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©atelim.com 2016
rəhbərliyinə müraciət